SUURLEMOEN PAPAWERSAAD KOEK
As die lewe vir jou suurlemoene gee…maak ‘n suurlemoen papawersaad (poppy seed) koek! ‘n Alles-saamklits beslag, so dit is ook regtig maklik om te maak. Dit dryf die koue uit, laat die huis heerlik ruik en is nog goed vir die immuniteitstelsel ook.🍋 Net lekker saam met ‘n koppie koffie of tee op ‘n Sondag middag.
- Beslag:
- 120 g botter of margarien
- 375 ml koekmeel
- 180 ml strooisuiker
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 eiers
- 60 ml melk
- 10 ml vars suurlemoensap
- gerasperde skil van 1 groot suurlemoen
- 2 eetlepels papawersaad
- Bolaag:
- vars sap van 1 suurlemoen
- 3 eetlepels gewone suiker
Plaas al die beslag bestanddele in ‘n mengbak en klits tot lig en romerig.
Bak by 170ºC vir 40 – 50 minute, of tot deur gebak.
Meng die sap en suiker saam, skep oor koek sodra dit uit die oond kom.
Laat afkoel in die pan, sny en bedien.
Resep en foto: Ilze Jacobs