SUURLEMOEN PANNA COTTA MET GRANADILLA JELLIE
- ¼ koppie (60 ml) koue water of melk
- 2 ¼ teelepels (7 g) ongegeurde gelatienpoeier
- 2 koppies (500 ml) room
- ¼ koppie (50 g) suiker
- 1 teelepel suurlemoengeursel
- 1 eetlepel suurlemoenskil
- Opsioneel:
- 1 pakkie granadilla jellie
- vars vrugte van jou keuse
Terwyl jy wag vir die gelatien plaas die room, suiker, suurlemoengeursel en suurlemoenskil in ‘n pot en bring tot kookpunt, roer tot die suiker gesmelt het. (hou aan roer) Wanneer die mengels begin kook, haal die pot af van die stoof af en voeg die gelatien by. Klits tot al die gelatien opgelos is.
Plaas die mengsel in enige bakkie of vorms wat jy wil gebruik en laat dit afkoel in die yskas tot dit stewig gestol is.
Nota:
Dan het ek net ‘n gewone granadilla jellie gemaak en dit bo-op die panna cotta mengels geskep nadat dit gestol het. Sit terug in die yskas vir die jellie om te stol.
Keer elke vorm uit op ‘n opdien bord en bedien met bietjie vars vrugte van jou keuse.
Resep en foto: Jaun Pienaar