SUURLEMOEN MERINGUE VANILLAKOEK
- Enkellaag vanillakoek:
- 1 koppie suiker
- 4 eiers
- 1.5 teelepel vanilla geursel
- knippie sout
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 koppie warm water
- 4 eetlepels olie
Klits die suiker en eiers saam tot lig en romerig. Voeg die geusrel en sout by die eiermengsel en klits goed. Meng die meel by die beslag in.
Strooi die bakpoeier bo-oor die beslag, maar moet dit nog nie inmeng nie. Mend die warm water en die olie en voeg dit by die beslag (die bakpoeier gaan begin bruis).
Meng alles goed saam, skep in ‘n voorbereide koekpan en bak in ‘n oond (voorverhit tot 180° C) vir ongeveer 35 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat die koek vir ‘n dag staan, anders is dit te vars om uit te hol.
- Suurlemoenvulsel:
- 2 blikkies kondensmelk
- 250 ml suurlemoensap
- 6 eiergele
Roer die bestanddele saam. Verhit in die mikrogolf vir 30 sekondes op ‘n keer en roer na elke 30 sekondes. Herhaal vir 6 minute. Die mengsel sal nog papperig lyk. Laat heeltemal afkoel.
- Meringue:
- 6 eierwitte
- 1 koppie strooisuiker
- 1 teelepel kremetart
Klits die eierwitte baie goed, meng die kremetart met die strooisuiker en voeg die strooisuikermengel bietjie vir bietjie by tewyl jy heeltyd klits tot sagte punte vorm.
Hol die vanillakoek uit en vul dit met die suurlemoenvulsel. Skep die meringue oor die koek en
bak in oond teen 180°C vir ongeveer 30 minute. Hou maar dop tot eierwitte mooi verkleur. Laat heeltemal af koel op die plaat voor jy die koek op ‘n bord sit.
Nota: Rina Kleinhans – jy kan die oond afskakel en die deur effens oopmaak en die koek in die oond laat afkoel vir ‘n pragtige meringue.
Geniet.
Foto en resep: Marié Fourie