SUURLEMOEN MALVAPOEDING
Ek het die sommer saamgegooi as “einde van die maand salticrack”. Dis koud en reënweer en almal soek “comfort food”. Dit was bo verwagting lekker, so ek deel graag resep.
- 3 koppies bruismeel
- 2 groot eers
- ¾ koppie versiersuiker
- 50 ml botter of margarien
- gerasperde skil van 1 – 2 suurlemoene
- sap van 1 – 2 suurlemoene of 4 spuite uit bottel Trulem
Meng alles goed met ‘n klitser tot klonte uit is (klein botterklontjies is okay).
Skep in ‘n voorbereide oondbak met 30 cm deursnee.
Bak moet diep wees om plek te hê vir die sous.
Bak ± 30 min op 180 ºC. Toetspen moet skoon uitkom.
- Terwyl koek bak, maak die volgende sous:
- ½ blikkie Ideal melk
- 1 koppie water
- 1 koppie versiersuiker
- gerasperde skil van 1-2 suurlemoen
- sap van 1 – 2 suurlemoene of 4 spuite uit bottel Trulem
Kook die bestanddele saam. Sodra die koek uit die oond kom, steek gaatjies met ‘n vurk en giet die sous oor die warm koek.
Bak verder vir 10 – 15 min.
Resep en foto: Adelle Gascoyne