SUURLEMOEN MADEIRA KOEK
- 750 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- knippie sout
- 250 g botter
- 375 ml strooisuiker
- 10 ml suurlemoengeursel
- 4 groot eiers, kamertemperatuur
- 250 ml melk
- Versiersel:
- 5 eetlepels versiersuiker
- 5 eetlepels suurlemoensap
- suurlemoenskil
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer en voer die boom van ‘n broodpan met kleefvrye bakpapier.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Maak die botter sag met houtlepel of elekriese klitser.
Voeg die strooisuiker geleidelik by en klits mengsel tot liggeel en donsig.
Voeg die suurlemoengeursel by en voeg daarna die eiers (elk individueel geklits) een vir een by saam met 15 ml meelmengsel vir elke eier om te voorkom dat die mengsel skif.
Gebruik’n metaallepel en vou die res van die meel en melk liggies in die mengsel in. Meng so min as moontlik – die bestanddele moet bloot egalig versprei wees in sagte beslag.
Giet die mengsel in die voorbereide broodpan, maak bo-op gelyk en bak sowat 45 minute.
Toets met toetspen wanneer koek gereed is.
Laat die koek 10 minute in die broodpan afkoel.
Meng die versiersuiker en suurlemoensap en gooi in “zig-zak” patroon oor die koek.
Rasper suurlemoen skil vir versiering.
Resep en foto: Anri Douglas

