Your Recipe Blog

SUURLEMOEN KONDENSMELK YSKAS TERT

SUURLEMOEN KONDENSMELK YSKAS TERT

  • 3 koppies melk
  • 1 eetlepel suiker
  • 2 eetlepels vlapoeier
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 62,5 ml suurlemoensap
  • 1 pak Tennisbeskuitjies

Maak ‘n gladde pasta aan met 1 koppie melk en die vla poeier.

Kook die melk en voeg die gladde pasta mengsel by die kokende melk en 2 eeetlepels suiker en hou aan roer met draad klitser om klonte te voorkom totdat dit verdik het en jy geen melerigheid proe.
Roer gereeld elke minuut tot verdik.

Terwyl die vla afkoel meng die kondensmelk met die suurlemoensap en roer goed deur om dik te word.
Plaas ‘n laag Tennisbeskuitjies in die tertbak en skep ‘n laag vla oor en smeer gelyk.
Skep helfte van kondensmelk bo-op koekies, dan helfte van die vla.
Pak weer ‘n laag koekies en herhaal met kondensmelk en laaste vla.
Druk koekies fyn en gooi bo-oor.
Plaas in yskas tot goed gestol.

Resep en foto: Marika Bester

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5