SUURDEEGBROOD WENKE
Ek hoop hierdie is van hulp vir die wat ‘n resep nodig het vir Suurdeeg brood.
Meel is die leier in enige brood resep. Meel tel altyd vir 100%, maak nie saak hoeveel meel jy gebruik nie.
Water verskil van hoe klam of hoe droog jy jou brood wil hê, maar water is enigiets van 65% tot omtrent 80% hidrasie (vog).
Suurdeeg “starter”: Dit kan gaan van van 5% tot 20% tot meer.
Sout: Dit is enigiets van 5% tot hoe sout jy ook al jou brood wil hê, so om ‘n standaard suurdeegbrood te bak, stel ek die volgende voor:|
Kom ons werk op ‘n 1 kg brood:
Meel – 1000 g
Water – (op 70% hidrasie (vog) = 1000 x .70 = 700 g
“Starter” – (se 20%) = 1000 x .20 = 200 g
Sout – (gewoonlik so 2% 1000 x .02 = 20 g
Sou jy dan ‘n 500 g brood wou bak, sal jy:
500 x .70 = 350 ml water
500 x .20 (of .10) = 100 g “starter” ensovoorts
Ook net: Hoe meer water jy gebruik hoe groter jou rysgate. Ek persoonlik hou van 65% hidrasie.
Wenke en foto: Louise Gouws Steyn