SUSHI RYS EN SUSHI
Sukkel nog so bietjie maar kom al mooi reg. Aanhouer wen.
- Sushi rys:
- 3 koppies rou sushi rys
- 4 ½ koppies water
- knypie sout
- sushi asyn
Plaas rys in ‘n pot.
Sit genoeg water by om rys te bedek.
Laat staan vir 15 minute.
Dreineer rys, laat staan vir 20 minute.
Voeg 4½ koppies water by rys en kook op stadige hitte tot rys al die water absorbeer het.
Hou maar dop, want dit is redelik vining, sit plaat af, haal van die plaat af en bedek pot met ‘n vadoek en dan ‘n deksel.
Laat vir 10 minute staan om bietjie af te koel.
Sprinkel sushi asyn oor rys, en sny deur die rys met ‘n houtspaan.
Gebruik ‘n handwaaier om rys vinniger af te koel.
Gebruik soos benodig.
- Vir sushi kan jy van volgende gebruik:
- Norwegian salm
- gerookte salm
- garnale
- krapstokkies
- avokadopeer
- komkommer
- swart olywe
- Deense Feta
- Jy benodig ook:
- nori seewier velle
- ingelegde gemmer
- wasabi-pasta
- kewpie-mayonnaise
Ek sit my rol mat binne in ‘n zip lock sakkie, die sushi rol maklik sonder om vas te sit.
Sit die nori vel, blink kant na onder op die rolmat.
Vat ‘n handvol rys en versprei dit op die nori vel.
Los so sentimeter spasie op die rand verste van jou af.
Pak nou jou gunsteling kombinasie so sentimeter van die rand naaste aan jou.
Gebruik die mat en rol terwyl jy dit styf vasdruk.
Sodra dit heeltemal opgerol is, druk die mat styf teen die rol vas.
Vat ‘n lang skerp mes en sny die rol in die helfte, en dan weer in die helfte en weer in die helfte, jy behoort agt stukke uit elke rol te kry.
Ek hou ‘n klam lap byderhand om die lem af te vee na elke sny, dit verseker dat elke snit skoon en netjies is.
Die sushi word voorgesit met gemmer en wasabi en kewpie mayonnaise.
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen