SUSANNA SE GEBAKTE BEESTONG IN MOSTERDSOUS MET BROODKRUMMELS
- Sous:
- 30 ml olie
- 60 ml mosterdpoeier
- 125 ml suiker
- 2 ml sout
- 250 ml kookwater
- 250 ml mayonnaise
- sap van 1 suurlemoen
- 125 ml wit druiwe-asyn
- 30 ml koekmeel
- Tong:
- 2 gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny
- 125 ml sagte broodkrummels
Voorverhit oond tot 180 °C. Meng olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie-vir-bietjie by.
Klits die res van die bestanddele by.
Pak die tongskywe in oondvaste bak en giet sous oor.
Sprinkel die broodkrummels oor en bak vir 45 minute tot die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.
Resep: Susanna Kruger
Foto: Susanna Kruger
DIE GAARMAAK VAN TONG: – Louise Groenewald
Sit ‘n gekapte ui, naeltjies, wortel en loerierblaar by tong, hoeveelhede na smaak. Kook tong vir drie ure stadig met water bedek. In drukkoker is dit 45 minute. Laat afkoel in die water. Haal uit die water en trek die vel af. Die vel kom maklik af, moenie bekommerd wees nie. Draai die tong in kleefplasiek toe en plaas in ‘n bak of bord. Nou moet jy kreatief raak en ‘n manier uitdink hoe om iets swaar bo-op te plaas wat jy oornag in die yskas kan sit. Jy pers die tong dus so bietjie plat. Môreoggend het jy ‘n lekker stywe tong om dun skyfies te sny.