Your Recipe Blog

SUSAN SE ROLKOEK “SWISS ROLE”

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

SUSAN SE ROLKOEK “SWISS ROLE”

My swissrolle, best of both. Die pan wat mens gebruik is 400 x 260 mm.

  • 6 ekstra groot eiers, geskei
  • 1 koppie suiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 1 koppie koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 100 ml water

Klits geel van eiers, water, suiker en vanilla tot lig en donsig.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vou meel in beslag in net tot gemeng, vou geklitste eierwitte by.
Smeer of spuit ‘n rolkoek pan en voer die pan uit met bakpapier.
Skep die deeg in ‘n voorbereide rolkoek pan en bak 20 min by 180°C.
Keer uit op ‘n klam vadoek, trek die papier versigtig af.
Rol die rolkoek op met behulp van die klam lap, laat effens afkoel, rol af en sit vulsel op, rol weer op. Sny die kante netjies, en versier na smaak.

Nota:
Ek het eers met konfyt geoefen, kondensmelk is te duur om op’ n flop te smeer. Dis regtig net oefen. Klam vadoek, rol op, en rol af. Smeer, en rol weer.
As ek room of vla versiersel insit, wag ek dat dit afkoel, dan smeer ek en rol op. Hierdie het karamel in. Nadat ek dit afgerol het, smeer ek die karamel op en rol weer mooi op. Ek sny my kante af voor ek die rol versier.

Sjokoladerol:
Sit 60 ml kakao by.

Nota:
Ek het sommer met  styf geklitste room versier met karamel.

Resep en foto: Susan Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page