SUPER VINNIGE AMARULA KAASKOEK
- 1 liter “Double Cream” ongegeurde jogurt
- 1 blikkie kondensmelk
- 100 ml Amarula likeur
- 1 pak Tennisbeskuitjies
- 100 ml gesmelte botter/bakmargarien
Druk/rol die koekies fyn en meng met gesmelte botter. Druk vas op die bodem van vierkantige glasbak of enige bak van jou keuse.
Meng jogurt, kondensmelk en likeur in geskikte mikrogolfoondbak.
Mikrogolf vir 90 sekondes, roer en mikrogolf weer vir 90 sekondes.
Roer goed deur en skep bo-op die kors.
Meng jogurt, kondensmelk en likeur in geskikte mikrogolfoondbak.
Mikrogolf vir 90 sekondes, roer en mikrogolf weer vir 90 sekondes.
Roer goed deur en skep bo-op die kors.
Nota:
Ek het vir versiering twee choc chip koekies fyngedruk en oorgesprinkel.
Bêre in yskas tot gestol, oornag werk beter.
Resep en foto: Gillian Vermeulen
Category: