Your Recipe Blog

SULT / BRAWN

SULT / BRAWN

  • 1 ½ kg varkblad
  • 1 kg varkskenkels
  • 1 kg beesskenkels
  • 4 teelepels sout
  • 10 heel naeltjies
  • 10 pepperkorrels
  • 4 hoogvol teelepels gebreekte koljander
  • ¼ koppie asyn
  • Ekstra geurmiddels:
  • 1 Teelepel peper
  • 3 hoogvol eetlepels Aromat
  • 2 eetlepels braaivleisspeserye
  • Kerriemengsel:
  • 2 eetlepels kerrie (matig)
  • 1 hoogvol eetlepel borrie
  • 2 teelepels bruinsuiker
  • ± 2 hoogvol eetlepels appelkooskonfyt

Was die vleis af met suurlemoensap en skeer enige haartjies af op varkvleis in dien nodig.
Plaas die vleis saam met die speserye en asyn in ‘n groot kastrol en bedek dit heeltemal met water.
Kook totdat die vleis van die been afval, verwyder die kastrol van die stoofplaat en plaas dit eenkant om koud te word.
Verwyder al die beentjies van die vleis en giet die aftreksel deur ‘n sif om die naeltjies en peperkorrels te verwyder.
Giet die aftreksel terug in die kastrol saam met die vleis.
Meng die ekstra geurmiddels met die kerriemengsel en voeg dit by die vleismengsel in die kastrol.
Plaas die kastrol terug op die stoofplaat en kook die vleismengsel met geurmiddels goed deur.
Proe die sult en indien nog iets kort, voeg by na eie smaak.
Giet die sult in bakke en laat dit afkoel tot kamertemperatuur.
Plaas die sult in die yskas om verder te stol.

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page