Your Recipe Blog

SUKSES KOEKSISTERS

SUKSES KOEKSISTERS

Koeksisters is gebak. Ek love die resep. Dis baie baie nice en die stroop is binne in die koeksister. Dankie Ancoise.
Probeer gerus die resep. As jong bruid het Cecile Van der Westhuizen my die koeksisters leer maak en is ‘n heerlike bros koeksister net baie stroop.
Ek maak die aand vooraf die stroop. Dit moet yskoud wees.

  • 8 koppie suiker
  • 4 koppies water
  • 10 ml vanilla geursel
  • 50 ml suurlemoensap
  • 5 ml kremetart (dit maak dit mooi blink)

Roer tot suiker gesmelt is in ‘n lekker diep pot. Dit kook hoog op!
Sodra die stroop begin kook sit deksel op en kook vir 5 minute toe. Haal af en laat afkoel en plaas in yskas.
Die deeg doen ek baie vroeg in die oggend.

  • 4 koppies koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 3 eiers, in maatbeker en vul op met melk tot 350 ml
  • 50 ml botter

Smelt die botter en klits by melk en eiermengsel.
Knie tot elasties.
Rol dun uit op olie gesmeerde oppervlak, nie meel nie (die meel brand in jou olie en maak dit vuil)
Ek rol dit so 6 mm dik uit.
Sny met ‘n pizza lem in stroke van 2 cm en dan die stroke in die lengte wat jy jou koeksisters maak. Ek maak myne 5 cm.
Sny ‘n gleufie in die middel van koeksistertjie met pizza lem, maar nie dwarsdeur bo en onder nie. Vleg en hou in toe bak met ‘n lagie kleefplastiek of plastiek oor om te keer dat dit uitdroog.
Plaas bak met koue stroop in dieperige bak langs jou as jy begin bak.
Jou olie kan so 120ºC wees as jy bak . Bak tot mooi goudbruin en druk dadelik in die kouestroop. Hou hulle onder die stroop tot volgetrek. Ek het vir my ‘n spesiale stroopdrukker gemaak om die koeksisters onder stroop te druk. Dit neig om uit te glip onder ‘n gaatjies lepel of aartappeldrukker. En daai trek niks stroop nie.
Haal uit die stroop en pak op ‘n skinkbord totdat jy verpak.
Indien jy die koeksisters lekker bros bruin bak, sal hulle krakerig bly.
Geniet, hoop dit sal ook jou gunsteling reseppie word

Nota: Jenny Nel Robberts
Al wat ek sal verander en dis oor smaak is die 10 ml vanilla na 5 ml toe.

Resep:  Ancoise Strydom
Foto: Jenny Nel Robberts

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page