Your Recipe Blog

SUIKERMIELIE WAFELS

SUIKERMIELIE WAFELS

Resep en fotos: Hettie Stoltz
Ek was lus vir iets anders vir ontbyt vanoggend, het toe hierdie heerlike suikermielie wafels gemaak.

  • 2 eiers, geskei
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 ½ teelepels bakpoeier
  • 2 teelepels suiker
  • ½ teelepel sout
  • 1½ koppies melk
  • ½ koppie olie
  • 1 groot blik suikermielies (roomstyl)
  • Skei eiergele en wit. Klits die eierwitte styf.
  • In groot mengbak sif droë bestanddele saam en meng.
  • Meng in maatbeker die eiergele, melk, olie en suikermielies. Voeg by droë bestanddele en meng goed.
  • Vou styf geklopte eierwitte in by die mengsel, wees versigtig om nie te “oormeng” nie.
  • Skep genoeg van die mengsel op vooraf verhitte waffelmaker, maak toe en bak tot gaar. (Ek gebruik my klein soplepel)
  • ‘n Maklike manier om te weet of dit gaar is, is wanneer daar nie meer stoom uitkom nie.
  • Nota:
  • Dit is heerlik, ek het dit bedien saam met spek repies, kaas worsies, “baked beans” en guacamole (advokado). Kon 12 “blok” waffels bak met hierdie beslag.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page