Your Recipe Blog

SUIKERMIELIE WAFELS

SUIKERMIELIE WAFELS

Ek was lus vir iets anders vir ontbyt vanoggend, het toe hierdie heerlike suikermielie wafels gemaak.

  • 2 eiers, geskei
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 ½ teelepels bakpoeier
  • 2 teelepels suiker
  • ½ teelepel sout
  • 1½ koppies melk
  • ½ koppie olie
  • 1 groot blik suikermielies (roomstyl)

Skei eiergele en wit. Klits die eierwitte styf.
In groot mengbak sif droë bestanddele saam en meng.
Meng in maatbeker die eiergele, melk, olie en suikermielies. Voeg by droë bestanddele en meng goed.
Vou styf geklopte eierwitte in by die mengsel, wees versigtig om nie te “oormeng” nie.
Skep genoeg van die mengsel op vooraf verhitte waffelmaker, maak toe en bak tot gaar.
(Ek gebruik my klein soplepel)
‘n Maklike manier om te weet of dit gaar is, is wanneer daar nie meer stoom uitkom nie.

Nota:
Dit is heerlik, ek het dit bedien saam met spek repies, kaas worsies, “baked beans” en guacamole (advokado).
Kon 12 “blok” waffels bak met hierdie beslag.

Resep en fotos: Hettie Stoltz

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page