Your Recipe Blog

SUIKERKOEKIES

Recipe by
Prep: 1 uur + | Cook: 10 minute

SUIKERKOEKIES

  • 2.5 koppies koekmeel
  • 1 koppie wit suiker
  • 1 koppie bak margarien
  • ½ teelepel sout
  • 1 groot eier
  • 1 teelepel vanilla geursel

Sif koekmeel en sout saam.
Klits botter en suiker op medium vir 1 minuut.
Skraap kante goed af en voeg dan eier en vanilla by.
Meng goed tot net gemeng.
Voeg meelmengsel by en klits goed tot deeg net bymekaar kom. Die deeg is reg as jy jou vinger in die deeg druk en dit los ‘n merk sonder dat deeg vassit aan jou vinger.
Deel deeg in 2 dele.
Verseël in kleefpapier en kan van hier af in vrieskas gebêre word tot benodig.
Andersins rol deeg uit tussen 2 stroke waspapier omtrent 3-5 mm dik uit.
Plaas deeg “disks” in yskas vir ten minste ‘n uur.
Verhit solank oond by 170°C.
Haal deeg uit en druk met koekiedrukker uit.
Plaas op bakplaat en bak vir 10 minute tot gaar.
Los op plaat vir 5 minute en plaas dan op afkoelrakkie.

Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page