SUIDWES BILTONG
Ek maak dit ‘n nuwe plasing sodat dit gestoor kan word vir die toekoms.
Hier is hoe ons al vir GENERASIES biltong maak, en DIT bly vir my persoonlik die HEEL LEKKERSTE.
BEES en WILD biltong resep.
- vir elke 1 kg biltongvleis – die volgende mengsel speserye:
- 18 g sout
- 2 g swart peper
- 1 g bruinsuiker
- 4 g koljander
- Worcestersous
Sprinkel die biltongvleis met worcestersous, terwyl dit met speserye gestrooi word.
Laat lê 12 ure in koelkamer en roer weer goed deur.
Hang na nog 12 ure uit in ‘n goed geventileerde vertrek of voor ‘n waaier of in ‘n Biltong kas…SONDER WARM LUG!
Resep en foto: Stefaans Blaauw
Video met raad:
https://www.facebook.com/1543412720/videos/10218045847928093/
Fotos: Anni Darling en Trudi Ras