SUENELL SE WIT SJOKOLADE KAASKOEK
Glo dit kan lekker wees met ander bolaag bv. perskes/mango ens. Die jellie moet net saam met die vrugte pas. Ek het dit in individual silicone pannetjies gemaak met grinedella pulp en jellie bolaag.
- Kors:
- 1 pak Tennisbeskuitjies
- 2 eetlepels margarien
- Vulsel:
- 240 g Milky bar
- 2 houers maaskaas/roomkaas (volroom is lekkerder)
- 1 blik kondensmelk
- 250 ml room
- 100 ml suurlemoensap
- 5 velle gelatien (1 eetlepel hoogvol)
- Bolaag:
- 1 boksie rooi kersies
- 1 pak kersie jellie
- 1 koppie kookwater
- 100 ml koue water
- 2 eetlepels aarbei konfyt, opsioneel
Maak koekies fyn en meng met gesmelte margarien.
Druk in “springform pan” vas.
Sit in yskas om te stol.
Plaas gelatine velle in koue water.
In dubblekoker sit room en milkybar.
Smelt stadig oor kokende water.
Haal af sodra sjokolade gesmelt is.
Druk die water uit die gelatien en voeg by warm sjokolademengsel en meng tot velle gesmelt is.
Laat afkoel terwyl res van die koek gemaak word.
Maak volgende die bolaag.
Meng jelliepoeier saam in kookwater tot opgelos voeg hele boksie kersies by asook konfyt en voeg koue water by.
Laat afkoel.
Meng die roomkaas en kondensmelk tot glad voeg suurlemoensap by en meng goed.
Voeg sjokolademengsel by die roomkaasmengsel stadig en klits goed.
Giet mengsel in pan met kors (deur ‘n sif indien daar klonte is).
Laat afkoel in yskas vir 20 min.
Giet stadig die kersie jelliemengsel bo op.
Laat in yskas vir 3 ure of oornag.
Bedien op…..en GENIET !!
Resep en foto’s: Suenell Liebenberg