SUENELL SE SJOKOLADE VERSIERSEL
Foto: Suenell Liebenberg
Nuwe versiersel probeer.
- ⅓ koppie margarien
- ⅔ koppie kakao
- 2 – 3 koppies versiersuiker, gesif
- ⅓ koppie melk, gemeng
- 1 teelepel vanilla geursel
Meng melk en vanilla geursel saam.
Smelt margarien in kastrolletjie en klits kakao goed in tot glad.
Giet oor in mengbak en laat effens afkoel.
Klits beurtelings melkmengsel en versiersuiker by en klits goed tot regte dikte.
(Kan meer melk of versiersuiker byvoeg tot mengsel reg is)
Ek het so 16 cupcakes versier gekry met die mengsel.


