SUENELL SE SJOKOLADE VERSIERSEL
Nuwe versiersel probeer.
- ⅓ koppie margarien
- ⅔ koppie kakao
- 2 – 3 koppies versiersuiker, gesif
- ⅓ koppie melk, gemeng met
- 1 teelepel vanilla geursel
Smelt margarien in kastrolletjie en klits kakao goed in tot glad.
Giet oor in mengbak en laat effens afkoel.
Klits beurtelings melk en versiersuiker by en klits goed tot regte dikte.
(Kan meer melk of versiersuiker byvoeg tot mengsel reg is)
Ek het so 16 cupcakes versier gekry met die mengsel.
Foto: Suenell Liebenberg