Your Recipe Blog

SUENELL SE KAASKOEK

SUENELL SE KAASKOEK

(variasie op my eie resep)

  • Kors:
  • 1 pak Tennisbeskuitjies
  • 2 eetlepels margarien
  • Vulsel:
  • 240 g Milky Bar
  • 2 houers maaskaas/roomkaas  (230 g elk) (volroom is lekkerder)
  • 1 250 ml granadilla yogisip
  • 1 blik kondensmelk
  • 250 ml room
  • 100 ml suurlemoensap
  • 5 velle gelatien
  • Bolaag:
  • 2 blikke granadilla pulp
  • 1 pak granadilla jellie
  • 1 koppie kookwater
  • 100 ml koue water

Maak koekies fyn en meng met gesmelte margarien.
Druk in losboom pan vas. Sit in yskas om te stol.
Plaas gelatien velle in koue water.
In dubblekoker sit room en milkybar. Smelt stadig oor kokende water. Haal af sodra sjokolade gesmelt is. Druk die water uit die gelatien en voeg by warm sjokolade mengsel en meng tot velle gesmelt is. Laat afkoel terwyl res van die tert gemaak word.
Maak volgende die bolaag.
Meng jelliepoeier saam met die kookwater tot opgelos gooi pulp by en voeg koue water by. Laat afkoel.
Meng die roomkaas en kondensmelk, yogisip tot glad voeg suurlemoensap by en meng goed.
Voeg sjokolade mengsel by die roomkaas mengsel stadig en klits goed.
Skep mengsel in die pan met kors (deur ‘n sif indien daar klonte is).
Laat afkoel in yskas vir 20 min.
Gooi stadig die grenadella jellie mengsel bo op.
Laat in yskas vir 3 ure of oornag.
Dien op… en GENIET !!

Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page