Your Recipe Blog

SUE SE MIELIEMEEL POFFERTJIES

SUE SE MIELIEMEEL POFFERTJIES

Vandag was dit mieliemeel poffertjies! Ek het groot geword met dit, my kinders vandag is mal daaroor. Dit is heerlik net so of as ‘n peuselhappie saam braaivleis, vinger ete en die lys gaan aan.
Ek wissel dit so bietjie, partykeer net gewoon, partykeer met chillie of spek, basies enige iets.

  • 2 koppies gaar slap mieliepap
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 koppies gerasperde kaas
  • 2 eiers
  • 4 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • Olie vir braai

Laat pap eers bietjie afkoel.
Meng al die bestanddele goed saam, maak seker die pap is nie te warm nie, anders gaan die eiers soos roereiers lyk.
Skep lepels vol in warm olie en braai tot goudbruin.
Sprinkel met Aromat.
Hoop julle geniet dit.

Foto en resep: Sue Pretorius

Note:
Zelda Ellis –  het dit weer gemaak en het gekapte ui en ‘n blikkie sweetcorn bygevoeg….baie lekker

2 Reviews

  1. Corrie Nel

    moet ek die poffers dadelik eet, of Kan dit ñ paar dae staan?

    • Corrie dit is maar net soos pmpoenkoekies, mens kan dit weer opwarm en weer genit, maar die lekkerste is maar wanneer dit vars gemaak is.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page