Your Recipe Blog

SUE SE HEERLIKE EIERVRUGSKYWE

SUE SE HEERLIKE EIERVRUGSKYWE

Ek het eiervrug geëet soos my ma dit gaargemaak het.

  • eiervrug
  • lou soutwater
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 eier
  • sout na smaak
  • olie vir vlakbraai

Skil die eiervrug en sny in dun skyfies.
Plaas die eiervrugskywe in lou soutwater vir ongeveer 20 minute.
Skep die eiervrug uit die water en pak dit op skoon droë vadoekies.
Maak die deeg aan deur die koekmeel, sout en 1 eier te meng (geen bakpoeier nie, want dan trek dit olie).
Voeg water bietjies gewys by en roer totdat ‘n slap deeg vorm.
Verhit intussen die olie in ‘n pan op die stoof tot warm.
Doop die droë eiervrug skywe in die deeg (ongeveer 3 skyfies op ‘n slag anders word die olie te vinnig koud) en braai die skywe in die warm olie totdat dit effens bruin is aan die een kant, draai om en braai totdat ook effens verbruin.
Verwyder die skywe uit die olie en plaas op kombuispapier om te dreineer.

Nota:
Ons eet die eiervrug skywe terwyl dit nog warm is, dan is hy baie lekker.
Ons eet dit vir ‘n voorgereg.

Foto 1: Ansi Pyper Fourie
Was heerlik met vars suurlemoen sap uitgedruk, net op myne. Ek het ‘n kwart teelepel kerriepoeier by die deeg gemeng.

Foto 2: Pearl Willows
Ek sny die eiervryg lank in kwarte. Sprinkel sout op en laat staan vir ‘n uur of so. Spoel af en droog af voor ek dit in die deeg doop en diep braai.

Foto 3: Natascha de Jong
Resep: Sue Bierman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page