Your Recipe Blog

STROOP VIR VRUGTEKOEK

Recipe by
Cook: 10 minute

STROOP VIR VRUGTEKOEK

Ek gebruik die stroop vir my alkholvrye vrugtekoek, maar ek meng ook die stroop met brandewyn vir die gewone vrugtekoeke.
1 koppie stoop op 2 koppies brandewyn. Dit haal die “whah” uit die vrugtekoek en dat die brandewyn nie so oorweldigend is nie.

  • ½ koppie bruinsuiker
  • ½ koppie water
  • 1 kruienaeltjie
  • 1 wonderpeperkorrel (all spice)
  • 1 cm stuk gemmer, opgekap
  • 1 nartjie, lemoen of suurlemoen se skil
Meng alles saam en verhit tot kookpunt. Laat 10 min saggies prut.
Koel af tot kamertemperatuur en sif dan die speserye en skil uit.
Meng met brandewyn of gebruik net so vir alkoholvrye vrugtekoek.

Onthou maar om ‘n alkoholvrye vrugtekoek altyd in die yskas te bêre want die alkohol is ‘n preserveermiddel.

Wenk: Wanneer gebruik jy die stroop?
As die koek uit die oond kom en dan as ek dit verpak. Daarna elke tweede week vir 2 keer. Die koek moet eenmaal per week op ‘n ander sy neergesit word dat die vloeisof wat daar is mooi egalig kan deursyfer.
Sodra dit uit die oond kom giet ek so 60 ml mengsel oor. As die koek koud is en ek verpak dit, spuit ek dit goed met die mengsel in ‘n spuitbottel.
Ek tel gewoonlik 100 spuite per koek dan is dit mooi eweredig nat.

Foto en resep:  Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page