Your Recipe Blog

STROOP PERETERT MET ROOMSOUS

Recipe by
Cook: 35 minute

STROOP PERETERT MET ROOMSOUS

Die manne in die huis wou ‘n gebakte poeding gehad het vir vanaand (weet nie hoekom na al die soetgoed van die afgelope paar dae nie!), maar ek het ja gesê. Ek het nog ‘n paar pere oorgehad wat ek vir die seuns se kosblikke gekoop het en omdat ek dit haat om te mors, het ek toe die nagereg uitgedink. ‘n Ou gunsteling met ‘n paar veranderings… en gestroopte pere in plaas van ‘n blikkie tertappels. Almal was mal hieroor… regtig heerlik.

  • 3 groot pere, geskil en elk in 6 skywe gesny
  • 1 koppie rooiwyn
  • 125 ml suiker
  • 1 teelepel gerasperde lemoenskil
  • 1 teelepel gemengde speserye

Plaas al die bestanddele in ‘n pot. Posjeer (prut oor lae hitte) die pere tot sag, en net ‘n bietjie vloeistof oor is. Laat afkoel en gebruik in plek van die tertappels in die resep.

  • Tertbeslag
  • 3 eetlepels botter/maragarien
  • 200 ml suiker
  • 3 eiers
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • 60 ml melk
  • 2 teelepels gerasperde lemoenskil

Room botter en suiker en klits eiers een vir een by. Roer droë bestanddele by en laaste die meel en skil. Skep in ‘n gesmeerde oondbak en rangskik pere (met so 2 eetlepels van die sous) bo-op. Bak 35 minute by 180 ºC.

  • Roomsous
  • 1 koppie melk
  • 100 ml botter/margerien
  • 180 ml suiker

Plaas al die bestanddele in ‘n pot en laat opkook. Giet oor warm sous oor tert wanneer uit die oond. Bedien met room of vla.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5