Your Recipe Blog

STROOP LEMOENKOEK

Recipe by
Cook: 25 - 30 minute

STROOP LEMOENKOEK

Lemoentyd… druk ek klomp sap uit en vries dit… so dan kan jy heeljaar lekker smul aan lemoenkoek.

  • Klits die volgende saam:
  • 3 eiers
  • 1 koppie suiker
  • Meng die volgende by die eerste mengsel:
  • 1½ koppie koekmeel
  • 1½ teelepel bakpoeier
  • Smelt die volgende saam en voeg by die mengsel :
  • 3 eetlepels margarien
  • ¾ koppie melk

Skep die beslag in ‘n voorbereide oondbak of twee broodpannetjies, net soos jy verskies.
Bak 25 – 30 min by 180º C of tot toetspen skoon uitkom.
Maak intussen die stroop sodat dit oor die warm koek geskep kan word sodra dit uit die oond kom.

  • STROOP:
  • 1 koppie water
  • 2 koppie suiker (kan halfveer word indien verkies)
  • 1 eetlepel margarien
  • 1 koppie lemoensap
  • 1 eetlepel gerasperde lemoenskil

Kook water, suiker en margarien 5 min saam.
Laat afkoel en voeg die lemoensap en gerasperde lemoenskil by.
Skep oor gaar warm koek.

Nota:
Ek sny gewoonlik die koek klaar op in blokkies voor ek die sous oorskep, dan trek die sous lekker in.

Nota: Elizma Bezuidenhout
Probeer die resep net met suurlemoen in plaas van lemoen. Vat dieselfde hoeveelheid suurlemoensap en suurlemoen skil. Dit is baie lekker.

Nota: Zita Harber
Het vanaand ewe skielik lus gehad vir ‘n poeding wat my ma gemaak het toe ek ‘n pikkie was. Geen idee hoekom die woord “koek” eers in die naam is nie, maar dit is heerlik!!
Dankie tog die koek het so bietjie in die middel ingesak, anders sou daar nie plek gewees het vir die stroop nie 🤣
Volg regtig die instruksies vir die stroop, anders los die suiker nie mooi op nie, dan moet mens planne maak.

Geplaas deur en 2de foto: Marinda Peyper
Hoof foto: Pikkie Rebello – nou kort ons net die room.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page