Your Recipe Blog

STROOP- EN KNOFFELHOENDERFILETTE

STROOP- EN KNOFFELHOENDERFILETTE

  • 4 hoenderfilette, vanaf die dik kant gevlek
  • Aromat, peper en paprika na smaak
  • ¾ koppie koekmeel
  • 3 eetlepels botter of goeie margarien
  • 2 – 3 knoffelhuises, gekap
  • 3 eetlepels sojasous
  • 4 eetlepels heuning of gouestroop
  • 1 teelepel ”Chinese 5-spice”, opsioneel maar lekker

Plaas die gevlekte filette in ‘n plastieksak en slaan dit plat met ‘n vleishammer.
Verwyder die filette uit die sak en geur met aromat, peper en paprika.
Bedek die filette alkant met meel en stof die ergste meel af.
Braai die meelbedekte filette in ‘n warm pan met die botter tot goudbruin, ±4 minute, draai die filette om en dan nog so 1 minuut op die ander kant.
Skuif die fillette eenkant in die pan en voeg die knoffel by, voeg nog bietjie botter by indien nodig.
Braai die knoffel en filette vir so 1 minuut, voeg die sojasous by en roer tot dit begin prut.
Voeg die heuning of stroop en die speserye by indien gebruike en roer tot die sous begin karamaliseer, verwyder van die hitte.
Bedien met kapokaartappels en roerbraai-groente. Njamm!!

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page