STROGANOFF VAN SWART WILDEBEES- EN VARKFILLET
- 250 g swart wildebeesfillet
- 250 g varkfillet
- 200 g spek, in blokkies gesny
- 15 ml olyfolie
- 15 ml botter
- 1 ui, gekap
- 1 – 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- gekapte grasuie, vir garnering
- Roommengsel:
- sout en gemaalde peper
- 250 ml suurroom
- 30 ml koekmeel
- 30 ml Dijon mosterd
- 15 ml tamatiepasta
- 10 ml paprika
- gemaalde peper
Meng al die roommengsel bestanddele saam en hou eenkant.
Sny die filette in repies en geur met sout en peper.
Braai die uie, knoffel en spek in die olyfolie tot gaar.
Voeg die botter by, roer deur en voeg die filette by.
Roerbraai vir 2 – 3 minute en voeg die roommengsel by in die pan.
Verlaag die hitte en laat prut op lae hitte, roer deur totdat die sous verdik het.
Skep die stroganoff in ‘n opdienbak en versier dit met gekapte grasuie.
Sit voor saam met rys of pasta.
Resep en foto: Johan Rossouw