STROGANOFF FRIKKADELLE, BLOMKOOL MASH EN GEROOSTERDE BROCCOLI
- Frikkadelle met Stroganoff sous:
- 500 g beesmaalvleis
- ¼ ui, gekap
- 1 eetlepel Worcestershire sous
- 125 ml gerasperde kaas (ek het parmesan gebruik)
- 1 eier
- 1 eetlepel vleisspesery
- sout en peper na smaak
- Sous:
- ½ koppie “chicken stock”
- 1 blikkie sampioene
- 125 ml suurroom
- 1 teelepel suurlemoensap
- 1 eetlepel droë dille
- Blomkool mash:
- 500 g bevrore of vars blomkool
- 150 ml room
- 80 g roomkaas
- sout en peper na smaak
- Broccoli:
- 1 koppie broccoli, in blommetjies gesny
- 2 eetlepels olyfolie
- sout en peper na smaak
Meng al die frikkadel bestanddele saam. Vorm in klein frikkadelle en laat 20 minute in die yskas staan. Braai weerskante in olie tot goudbruin.
Voeg nou die sous bestanddele by en prut 10-12 minute totdat die sous verdik het.
Kook die blomkool met die room (geen water) tot sag. Voeg roomkaas en geurmiddels by, en laat die kaas smelt. Maak fyn met ‘n “stick blender” tot romerig en glad. Hou warm.
Meng die broccoli, olie en geurmiddels saam. Sprei uit op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier en rooster 30 min by 200°C. Hou warm.
Skep op, sprinkel nog dille bo-oor en bedien.
Resep en foto: Ilze Jacobs