Your Recipe Blog

STRANDHUIS-MOSSELS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 3 - 4 mense

STRANDHUIS-MOSSELS

Vir diegene wat die Atlantiese oseaan se vet swartmossels kan uithaal, hier op die Ooskus is hulle maer en klein. Hoeveelhede is nie in klip gegrif nie – proe en varieer na smaak. Bedien met ciabatta of ander vars brood, net nie gowwermintsbrood nie! 🙂

  • ongeveer ¼ koppie olyfolie
  • 1 groot ui, opgekap
  • 3 eetlepels (45 ml) balsamiese asyn
  • 1 blik tamaties, verkieslik die Italiaanse, want dis nie so waterig nie
  • 1 eetlepel (15 ml) suiker
  • 3 eetlepels (45 ml) vissous (nam pla)
  • 2 – 3 teelepels gekapte vars knoffel
  • ± ½ teelepel Tabasco, of na smaak
  • ½ koppie (125 ml) witwyn
  • 1 koppie varsgekapte platblaar-pieterselie
  • 1 kg vet mossels op die half-skulp
  • Gekapte sprietuie of “spring onions”

Braai die ui in die olie. Roer gereeld, tot sag. Voeg die asyn by, die hitte moet hoog genoeg wees sodat die asyn byna verdamp. Voeg die tamaties, suiker, vissous, knoffel, Tabasco en wyn by.

Laat opkook, en proe: het dit ekstra sout nodig? (Die vissous is sout, maar dalk nie genoeg vir jou nie). Miskien ‘n knippie suiker? Dalk meer wyn? Voeg dan die mossels en pieterselie by, en prut so 4 minute. Voeg die sprietuie of spring onions by en roer deur. Lig die mossels uit met ‘n gaatjieslepel in ‘n bak. Proe die sous vir oulaas, en gooi oor. (Hopelik is jou sous nie te dun nie, daarom die voorstel vir ‘n blik Italiaanse tamaties in hul sous. Beslis dikker as ons plaaslike geblikte tamaties).

Indien nodig, bedek met foelie en hou warm tot bediening, en maak sopborde ook warm. Bedien met lekker brood en en ‘n groot bak groen slaai met verskillende soorte opgeskeurde slaaiblare, net blink gemaak met ‘n vinaigrette-sous. Nie genoeg vir meer as 3 – 4 mense nie!

Resep en foto: Zuri Roos

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page