Your Recipe Blog

STOWE BEESVLEIS MET ROOI SOETRISSIES EN PASTA

Recipe by
Cook: 2½ hours

STOWE BEESVLEIS MET ROOI SOETRISSIES EN PASTA

  • 45 ml botter
  • ongeveer 125 ml gegeurde koekmeel
  • 600 g stowe beesvleis, in blokkies gesny
  • 2 knoffelhuisies, gesny
  • 2 medium uie, in sesdes gesny
  • 2 rooi soettissies, in groterige stukke gesny
  • 5 ml fyn gemmer
  • 600 ml warm vleis aftrekstel
  • 10 ml sojasous
  • 2 lourierblare
  • sout en peper na smaak
  • 50 ml vars gekapte pietersielie
  • 300 g penne pasta

Smelt die botter in ‘n groot swaarboom kastrol.
Plaas die vleisblokkies saam met die gegeurde meel in sakkie en skud tot goed gemeng.
Braai paar blokkies vleis op ‘n slag in pot tot bruin.
Skep uit in ’n oondbak.
Braai die uie en knoffel in bietjie olie tot uie begin verbruin.
Skep uit met gaaitjies lepel bo-oor die vleis blokkies.
Roerbraai die soetrissies ‘n minuut lank en voeg gemmer by.
Voeg ook aftreksel, sojasous, lourierblare, pietersielie en geurmiddels by.
Laat opkook en voeg by die vleisblokkies.
Bedek met foelie en plaas dit vir 2½ ure in die oond op 160°C.
Kook intussen die pasta.
Wanneer die vleis uit die oond kom, meng deur met die pasta.
Bedien.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page