Your Recipe Blog

STOWE BEESVLEIS, AARTAPPEL EN OLYFBREDIE

Cook: 6 – 7 ure op laag of 4 – 5 ure op hoog

STOWE BEESVLEIS, AARTAPPEL EN OLYFBREDIE

Ek gaan dit erken… ek het twee slow cookers! En in die winter werk hulle oortyd… hierdie resep het ek vanoggend ingesit vir vanaand (in die ander ene is daar ‘n maalvleis mengsel vir ‘n lasagne vir môre). As jy van olywe hou, is die resep beslis vir jou – anders kan jy dit vervang met ‘n rooi of geel pepper. En koring of gort hierby is heerlik.

  • 750 g bees ‘shins’, in stukke gesny
  • 1 ui, gekap
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 2 eetlepels paprika
  • 375 ml beesaftreksel
  • 1 blikkie Mexikaanse fyn tamaties
  • 1 teelepel dreë oreganum
  • 70 ml sjerrie
  • 1 koppie groen olywe, gedreineer
  • 700 g baba aartappels (waxy potatoes), gehalveer
  • 3 eetlepels pietersielie, gekap
  • sout en peper na smaak
  • *2 teelepels Maizena aangemaak met 50 ml water, indien nodig

Voeg al die bestanddele saam in die prutpot.
Kook vir 6 – 7 ure op laag of 4 – 5 ure op hoog, totdat die vleis sag is.
Verdik met die Maizenamengsel as die sous te dun is, en kook nog 20 minute.
Bedien met gekookte koring of gort.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page