STOKVIS (HAKE) EN SIMBA VISKOEKIES MET KORINGSLAAI
- Viskoekies:
- 6 medium stokvisfilette, velle en grate op dik punte verwyder en gekook tot gaar, fyngemaak
- 1 medium ui, fyngekerf/gerasper
- 1 pak Simba chutney skyfies, fyngedruk in die pak
- 4 snye brood, in melk geweek en fyngemaak (moenie melk uitdruk, maak saam met brood fyn)
- parsley en garlic salt, na smaak (so een teelepel)
- handvol gedroogde knoffelvlokkies
- bietjie koekmeel om viskoekies in te rol
Meng bogenoemde behalwe die meel saam. Vorm ronde viskoekies (dis sag so werk versigtig) en rol in die meel.
Laat paar minute staan (of verkoel in yskas dat dit set) en bak in matige kookolie tot goudbruin, “crispy” buite en sag binne.
Lewer ongeveer 18 viskoekies. Geniet met slaaie.
- Koringslaai:
- ongeveer 500 g gaar koue stampkoring
- 1 blikkie Rhodes perskes in sap, sap afgegooi
- 6 medium agurkies
- 1 pickle grootte ui
Kerf bogenoemde op en voeg by die koring.
Ek hou nie van mayonnaise nie so het sommer van die agurkies se asynmengsel bietjie oorgegooi.
Dit het lekker “pickle spice” smaak ook.
Resep en fotos: Christelle van Rooyen