Your Recipe Blog

STOFFIE SE BOEREWORS

STOFFIE SE BOEREWORS

Vir my is hierdie eenvoudig die beste worsresep.
  • 9 kg beesvleis
  • 3 kg skaapvet
  • 7 eetlepels sout
  • 2 eetlepels swartpeper
  • 6 eetlepels heel koljander, fyngemaal
  • 2 eetlepels fyn naeltjies
  • 1 eetepel wonderpeper, opsioneel
  • 1 eetlepel fyn neutmuskaat
  • 1 eetlepel mosterdpoeier
  • 2 koppies bruinasyn
  • ± 400 g derms
  • 1 koppies hawermout, opsioneel

Sny die vleis en vet in blokkies.
Strooi die spesery en asyn oor, roer goed deur en laat marineer oornag.
Maal die vleis en strooi hawermout bietjies -bietjies by soos dit uit die meul kom.
Maak bolle vleis om in die meul te sit en maak jou hande nat met kouewater soos jy stop.
Verpak die wors in hoeveelhede soos verkies, en vries.

Nota:
Ek gebruik dit met wildsvleis ook asook met ‘n mengsel van wild en bees.

Resep geplaas deur Lorett Brittnell

  • BOEREWORS
  • 4 kg beesvleis
  • 2 kg varkvleis
  • 20 g sout
  • 10 g peper
  • 10 g naeltjies
  • 10 g geroosterde koljander, grof gemaal
  • 5 g neutmuskaat
  • 100 g oats
  • 1 kg ys
  • derms

Meng die sout, speserye en oats saam in ‘n sakkie.
Maal die vleIs met die growwe sif.
SprInkel die speserye mengsel eweredig oor.
Voeg die ys by en meng eweredig.
Maal die megnsel nou met die fyner sif.
Stop die derms. Hang die wors op om te af te droog.
Verpak en verkoel oornag voor jy dit vries.

Resep geplaas deur Frikkie Jones
Foto:  Pikkie Langenhoven
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page