Your Recipe Blog

STEF SE HOENDER A LA KING

STEF SE HOENDER A LA KING

  • 2 eetlepels botter/margarien
  • 4 hoenderborsies, in repies gesny
  • ½ ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 1 soetrissie, in diamantvorm-stukke gesny (vir fancy kan jy halwe van elke kleur vat)
  • ¼ koppie witwyn
  • 1 houertjie room
  • 1 pakkie sampioensoppoeier, opgelos in 1 koppie koue melk
  • gekapte pietersielie of grasuie vir garnering

Braai hoenderrepies in sarsies in 1 eetlepel botter bruin en hou eenkant.
Roerbaai ui, sampioene, soetrissies en knoffel vinnig tot uie glasig lyk.
Voeg witwyn by en reduseer tot net so 2 lepels oorbly.
Voeg die room by en prut tot begin verdik.
Voeg melk/sop-mengsel by en roer deur.
Plaas hoenderrepies en bottersousie terug en prut tot begin verdik.
Geur met Aromat en peper na smaak.
Garneer met pietersielie.
Bedien met rys, Spaanse rys of noedels.
Njamm!
Garneer!

Resep en foto:  Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page