STAP VIR STAP KAAPSE BOBOTIE
- 2.3 kg maalvleis
- 1 eetlepel kerriepoeier
- 1 eetlepel borriepoeier
- 4 loerierblare
- 2 uie
- 3 snytjies witbrood
- 1 koppie melk vir broodmengsel
- 1 koppie blatjang
- 2 eetlepels wit druiwe asyn
- 1 handvol rosyne
- 2 eetlepels Worcestersous
- 2 – 3 eiers
- 1 tot 2 koppies water
- Ekstra:
- 1 eier
- bietjie melk
Maak die maalvleis eenkant gaar met slegs sout, swartpeper en ‘n skeut Worcestersous.
Giet die melk in ‘n houer en voeg die brood by. Laat dit week sodat brood sag word en’ n pap vorm.
Sny jou uie in ringe en soteer op medium in botter tot glaserig. Voeg die kerrie en borrie by. Sodra die uie en kerriemengsel mekaar gevind het, voeg 2 eetlepels wit druiwe asyn by. Dit bring die geur van die kerriemengsel na vore. Let op, die pan/pot gaan vinnig droog raak nadat die asyn bygevoeg is. Giet ‘n koppie water by om die sous loperig te maak. Die oomblik as die sous effens loperig is en jy seker is dit sal nie aanbrand nie, voeg ‘n koppie blatjang by en prut teen lae hitte.
Baie mense voeg nog verskeie speserye by maar hou ingedagte dat ‘n kerriepoeier uit verskeie speserye bestaan. Wees dus versigtig om nie te rof met ander speserye te kere te gaan nie.
Wanneer jy tevrede met jou kerriesous is (effe loperig), voeg nou jou melkpapmengsel by en roer deur.
Voeg nou jou kerriemengsel by die maalvleis. Roer goed deur sodat die temperatuur van die maalvleismengsel sak.
Voeg nou 2 tot 3 eiers by die mengsel en roer deeglik deur.
Skep in twee glasbakke of in 1 oondpan. Vat die pan/pot waarin oorspronklike kerriemengsel was en breek 1 groot eier daarin met ‘n bietjie melk. Roer deur sodat die kerriesous wat nog in pan/pot vassit met die eier/melk meng. Giet bo-oor die maalvleismengsel. Druk 3 of 4 loerierblare in jou bobotie en bak teen 180°C vir 50 minute.
Nota:
Maak seker jy gebruik ‘n GOEIE kwaliteit maalvleis.
Resep en foto: Michael Coetzee
Baie dankie vir die resep. Ek het in 1976 in my kookkuns klas gemaak. En dit was presies reder.