STAMPMIELIE TERT
- 3 koppies stamp mielies
- sout en peper na smaak
Plaas stampmielies in prutpot en bedek met water, voeg sout en peper na smaak by.
Stel prutpot op hoog vir so 4.5 ure.
- 1 fyngemaakte knoffel huisie
- 250 g gekapte sampioene
- 2 x 200 g versnipperde spek
- 1 gekapte rooi soetrissie (green pepper)
- 1 gekapte groen soetrissie
- sout en peper soos verkies
- 1 eetlepel soetrissie sous
- 1 eetlepel Worchestersous
- 1 eetlepel blatjang
- 2 ½ koppies melk
- 1 pakkie potato bake (3 kaas poeier)
- 1 ½ koppies gerasperde kaas
Braai die uie, knoffel, sampioene, spek en soetrissies in ‘n pan tot gaar.
Meng 2 koppies melk met potato bake se 3 kaas sous poeier en hou eenkant.
Skep helfte van gaar stampmielies in oondvaste bak, skep die spekmengsel in die pan oor die stampmielies.
Strooi net bietjie kaas oor.
Bedek alles met die res van die stampmielies, gooi melkmengsel oor en die res van die gerasperde.
Maak toe met foelie en bak by 180ºC in die oond tot die kaas gesmelt is.
Haal foelie af en laat kaas net verbruin.
Stamp mielie tert is gereed om te eet.
Resep geplaas deur Melanie Brass
Foto’s: Melanie Brass en Adam Cloete