Your Recipe Blog

STADIGE POTGEROOSTERDE LAMSBLAD OP DIE KOLE

STADIGE POTGEROOSTERDE LAMSBLAD OP DIE KOLE

Ons het gisteraand saam met vriende gekuier en sommer net omdat ons mag ‘n vreeslik groot vuur gemaak, vanoggend toe ons opstaan toe is die kole nog baie warm en net daar besluit ek om ‘n gevriesde lamsbladjie, net groot genoeg vir 2 mense in die swartpot op die warm kole te sit. Ek het soos volg gemaak, en dit was uit die boonste gestoeltes heerlik.

  • 1 heel lamsblad
  • 1 ui, gekerf
  • 3 aartappels, in die helfte of soos verkies
  • mayonnaise
  • “garlic and herbs” kruie en bbq speserye
  • sout na smaak
  • olyfolie
  • Opsioneel:
  • 1 eetlepel Bisto aangemaak met bietjie water

Sit die blad in die pot, vetkant onder, gooi bietjie olyfolie oor en maak toe. Sit die pot op die kole laat die blad begin braai , sodra die vetkant mooi bruin is, draai die blad om, smeer die gebraaide kant lekker dik met mayonnaise en pak gekapte uie bo-op. Laat die blad nog so half uur so braai. Draai die blad om en smeer die ander kant ook dik met mayonnaise, skep van die uie in die pot op die blad en laat dit rustig braai in sy eie vet en olyfolie, die kole moet nie te warm wees nie, wanneer die vleis begin sag word, sit die aartappels by, maak seker die aartappels lê in die vetjie, strooi “garlic and herb” speserye, “bbq spice” en bietjie sout oor. Maak toe en laat die pot en vuurtjie hulle werk doen.
Draai die aartappels so nou en dan, roer net die kole, dat die potjie lekker aan die prut bly. Draai die vleis elke nou en dan, en 3 ure later… voila… ‘n heerlike blad en aartappels. Indien verkies kan jy die aartappels en blad uitskep en ‘n bietjie bisto aanmaak met water, giet dit in die pot en laat deurkook  vir ‘n heerlike uiesous.

Laat die blad so rukkie rus, draai die hele groot been uit en sny in skywe.

Nota:
Die tyd van die blad sal afhang van hoe groot die blad is. Hierdie een was ook gevries toe ek dit in die pot gesit het.

Geniet dit, dit is werklik heerlik.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page