Your Recipe Blog

SPYROS SE VARKSULT-BRAWN

SPYROS SE VARKSULT-BRAWN

  • 4 varkpootjies
  • 500 g varkvleis, sonder vet (boudvleis is ideaal)
  • 3 wortels
  • 6 eiers
  • gelatien
  • sout, peper, naeltjies en heel pietersielie blare
  • 1 eetlepel asyn
  • gemengde piekels of agurtjies (gekleurde suur-uitjies en olywe, werk ook baie goed)

Kook die vleis saam met die wortels wat in ringe gesny is, asook die kruie en geurmiddels in ‘n bietjie water, tot sag. Skep gereeld enige skuim wat op die oppervlak vorm af. Haal die vleis uit die sous en ontbeen die vleis terwyl die sous steeds liggies geprut word. Voeg die ontbeende vleis terug in die sous saam met die asyn en laat vir ‘n kort rukkie prut  Die asyn verhoed dat die sous bleek word. Haal van die hitte af, verwyder weer die vleis en hou dit en die sous eenkant. Kook intussen die eiers hard, dop af en sny in skywe.  Sny die piekels ook in skyfies.

Meng die gelatien met die sous.  Die hoeveelheid gelatien hang af van die grootte van die bak wat jy vir die bron gaan gebruik en die hoeveelheid sous wat jy gaan gebruik.  Pak ‘n dekoratiewe laag eiers, wortels, pietersielieblare en piekels onder in ‘n vormbak van jou keuse en giet ‘n bietjie sous daaroor.  Verkoel dit in die yskas tot die gelatien net begin stol.  Pak nou lae vleis en die ander bestanddele bo-op die gestolde lagie en giet die res van die sous daarin sodat dit alles bedek.  Plaas in die yskas om die gelatien te laat stol.  Wanneer dit styf is, net voor jy dit bedien, plaas die bak se onderkant vir ‘n paar sekondes in warm water om die gelatien te laat los, hou ‘n opdienbord styf teen die oopkant, draai dit om en gee dit ‘n ligte skud sodat die bak loskom van die gereg.  Sny in skywe en bedien.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page