SPUTNIK MUFFINS
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk
Vandag weer iets gebak vir Caralize se kosblik en Helet mag dit ook eet.
- 2 koppies koekmeel
- 2 koppies geel mieliemeel
- ½ koppie suiker
- 2 gelyk eetlepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 2 koppies melk
- 4 eiers
- ½ koppie kookolie
- ± 8 gerookte Viennas, opgesny in 2 – 3 cm lengtes
- Meng die droë bestanddele goed saam in ‘n mengbak.
- Klits die melk, eiers en olie apart in ‘n bak saam.
- Voeg die vloeistowwe by die droë bestanddele en meng deeglik tot gemeng.
- Skep die beslag in voorbereide muffinpannetjies, ¾ vol en plaas die gesnyde worsie, regop in die middel van die deeg.
- Bak in ‘n voorverhitte oond by 170ºC vir ± 20 tot 25 min.
- Verwyder die muffins uit die oond wanneer gaar en laat rus die muffins in die pannetjies voordat dit uitgehaal word.
- Dit is heerlik vir die kinders se kosblikke.
- Nota: Ek het ‘n vlakker muffinpannetjie as die gewone muffinpannetjies gebruik.
Category:

