Your Recipe Blog

SPUR UIERINGE

SPUR UIERINGE

Is jy mal oor “Spur” se uieringe?
Jare terug, spesifiek 2012, het ons op ‘n resep afgekom op die internet. “Spur’s famous onion rings”. Hierdie resep mag dalk totaal na malligheid lyk, maar glo my, dit werk soos ‘n BOM!

  • 8 medium uie
  • 2 koppies koekmeel
  • kruie en speserye na smaak
  • 1 blikkie Sprite
  • olie vir diep braai

Skil jou uie, en sny dit in baie fyn ringetjies. Haal die ringe uitmekaar, en plaas dit in ‘n diep bak.
Giet pas oopgemaakte Sprite bo-oor die uieringe totdat alles bedek is.
Maak die bak toe met kleefplastiek, en laat staan die bak in die yskas oornag.
Neem koekmeel, en meng dit met ‘n paar droë kruie en speserye. Plaas dit in ‘n plastieksak. Hou eenkant.
Sodra die uie klaar oorgestaan het, dreineer die uie van die Sprite en plaas die uie in die sak met die koekmeelmengsel. Sit net ‘n handvol uie op ‘n slag in. Draai die sak toe en maak dat dit soos ‘n groot ballon lyk. Terwyl die sak toegedraai is, skud die uie in die meelmengsel. Haal die uie uit en braai dit in warm olie.
Sodra dit ligte bruin is, haal uit en laat dreineer op kombuispapier.
Herhaal die proses tot al die uie gebraai is.
Dis heerlik!

Resep geplaas deur: Natasha Nelson
Foto:  Elize de Kock

One Review

  1. Dankie Natasha vir die deel, die uieringe was heerlik. Ses ure in Sprite is genoeg. Toe eet ons sommer SPUR se Cheddamelt steak, gebakte aartappel met suurroom en natuurlik die uie ringe, HEERLIK!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page