Your Recipe Blog

SPUD AARTAPPELS

SPUD AARTAPPELS

  • aartappels (1 groot per persoon)
  • olyfolie
  • growwe of gewone sout
  • botter
  • knoffel na smaak
  • bietjie oreganum
  • bietjie paprika
  • blatjang
  • mayonaisse

Voorverhit die oond tot 200°C.
Plaas foelie op ‘n oondplaat. (blink kant ondertoe)
Was die aartapels mooi af.
Druk gaatjies in elke aartapel met ‘n vurk ‘n paar keer.
Vryf die aartapels met olyf olie.
Strooi growwe of gewone sout oor-moenie skaam wees nie.
Bak in oond vir ongeveer ‘n uur of tot sag binne.
Sny elke aartappel middeldeur in die lengte en haal die binneste uit, hou die skilbakkie eenkant en plaas die sagte binnekante in ‘n bakkie.
Meng botter by die uitgehaalde aartappels.

Voeg die volgende by na smaak:
knoffel, aromat, oreganum, paprika, blatjang, mayonaisse asook sout en peper.
Voeg enige iets van jou keuse hierby bv. spek, ham, kaas.
Skep die vulsel terug in die aartappelskille en geniet.

Nota:
Indien verkies kan dit terug gesit word onder die oondrooster vir ‘n paar minute om die kaas te smelt.

Resep en foto: Lindie Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page