SPRITE BROOD
Die maklikste brood resep, net meng en bak, niks geknie nie… geniet.
Die brood op die foto is ‘n dubbel beslag.
- 1 blikkie Sprite (nie suikervry nie)
- 500 g bruismeel
- ½ teelepel sout
Meng alles saam met ‘n houtlepel, skep in gesmeerde pan.
Plaas in oond vir 30 min teen 180°C of toets met ‘n stokkie tot dit gaar toets.
As jy net gewone koekmeel het kan jy 10 ml bakpoeier bysit. Meng goed saam voor jy die Sprite byvoeg.
Resep : Amanda Bothma
Foto: Adri Paula Mills