Your Recipe Blog

SPRINGBOKBOUD

Cook: 8 ure prutpot / 4 - 5 ure oond | Servings: 8 - 10 porsies

SPRINGBOKBOUD

  • 1 springbokboud
  • 125 g rosyntjies
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 15 ml sout
  • 3 ml peper
  • 5 ml fyn gemmer
  • 1 groot ui gekap
  • 6 naeltjies
  • 375 ml water
  • 30 ml koekmeel
  • 20 ml appelkooskonfyt
  • Marinade:
  • 250 g spek, in blokkies gesny
  • 375 ml asyn
  • 125 ml suiker
  • 5 ml sout
  • 2 ml peper

Plaas die bestanddele vir die marinade in ‘n houer en laat dit staan vir 1 uur.
Maak diep snye in die wildsboud.
Druk die rosyne, knoffel en spek (wat uit die marinade verwyder is na 1 uur) in elke gaatjie.
Vryf die sout, peper en gemmer in die vleis.
Plaas die vleis in ‘n glasbak en rangskik die uie bo-op.
Giet die marinade-vloeistof oor die uie, bedek en laat staan die boud in die marinade vir 2 – 4 dae.
Draai van tyd tot tyd om.
Verhit vet of olie in ‘n swaarboom pan of pot en braai die boud vinnig bruin aan alle kante.
Voeg die naeltjies en water by.
Plaas die deksel op en kook baie stadig op die stoof of binne matige oond vir 4 – 5 ure, of tot sag.
Maak ‘n pasta van die meel, appelkooskonfyt en 200 ml marinade wat uit die pan geskep is.
Giet oor die vleis en braai mooi bruin aan alle kante.

Resep: Lynette Jacobs Wasserman

Foto en nota:
Marlene Potgieter – ek het hierdie resep probeer omdat dit ‘n foto nodig gehad het, maar het bietjie gekroek. Ek het ipv suiker en rosyne, 1 koppie druiwekonfyt gebruik. Ek het ook nie die boud vir 3 – 4 dae gemarineer nie, maar net vir 1 uur en toe in die prutpot vir 8 ure oornag op hoog laat prut. Ek het die volgende dag die boud uitgeskep in ‘n bak en gevlok tot rafelvleis. Die sous met die koekmeel en appelkooskonfyt verdik en deur die rafelvleis gemeng. Baie lekker.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page