Your Recipe Blog

SPONSKOEK MET VLAVULSEL

Recipe by
Cook: 30 minute | Servings: 1 enkellaag koek

SPONSKOEK MET VLAVULSEL

  • Sponskoek:
  • 6 eiers, geskei
  • 125 ml kookolie
  • 125 ml water
  • 1¼ koppie suiker
  • 15 ml bakpoeier
  • 5 ml vanilla geursel
  • 1¾ koppie koekmeel
  • knypie sout
  • Nota:
  • Vir ‘n sjokolade koek, voeg 30 ml kakao poeier by en verminder die koekmeel met 30 ml

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Voeg die olie, water, eiergele, suiker en vanilla saam en klits tot alles gemeng is.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam en voeg dit by die eiermengsel en meng goed deur.
Klits die eiewitte styf en vou dit by die meelbeslag in met ‘n lepel.
Giet die deeg in ‘n voorafbereide, 23 cm koekpan en bak vir 30 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Plaas die koek op ‘n draadrak en laat afkoel.

  • Vlavulsel:
  • 45 ml koekmeel
  • 60 ml vlapoeier
  • 45 ml mielieblom
  • knypie sout
  • 125 ml strooisuiker
  • 175 ml koue melk
  • 500 ml warm melk
  • 3 eiers, geklits
  • 5 ml vanilla geursel

Sif die meel, vlapoeier, mielieblom en sout saam.
Roer die strooisuiker by die meelmengsel.
Voeg die koue melk by die meelmengsel en roer totdat die suiker opgelos is.
Plaas die warm melk in ‘n kastrol en voeg die vlamengsel by die warm melk in die kastrol en roer aanhoudend oor matige hitte.
Voeg die geklitste eiers bietjies gewys by en roer totdat die vlamengsel verdik, moenie die mengsel kook nie.
Sodra die vlamengsel verdik het, verwyder die pot vanaf die plaat en roer die vanilla by.
Laat die koek en die vla heeltemal afkoel.
Smeer die koue vlamengsel oor die koek.

Nota:
Krummelkoekies kan bo-oor gestrooi word, indien verkies.

Resep en foto: Rita van Zyl

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page