Your Recipe Blog

SPONGILE KERRIEKOOLSLAAI

SPONGILE KERRIEKOOLSLAAI

Nog ‘n gunsteling wat ek gereeld maak, lekker met braaivleis. Die woord “spongile” beteken “we are thankful”.

  • 2 uie, fyngekap
  • 2 – 3 rissies, sade verwyder en fyngekap
  • ½ groen soetrissie, opgekap
  • 10 ml kerriepoeier
  • 1 eetlepel knoffel- en gemmermengsel
  • 5 wortels, fyn gerasper
  • ½ koolkop, fyn gerasper (of hoeveelheid na gelang van hoeveel mense)
  • 1 blik gebakte boontjies / “baked beans”
  • 1 koppie mayonnaise
  • 1 handvol rosyntjies

Braai die uie, rissie en soetrissie in ‘n pan met bietjie olie tot die ui verbruin.
Voeg die kerrie en knoffel- en gemmermengsel by en braai vir 1 minuut.
Voeg die gerasperde wortels en kool by en braai tot dit sag is.
Verwyder die pan van die hitte en laat die mengsel afkoel.
Voeg die wortelmengsel in ‘n opdienbak.
Meng die blikkie boontjies, mayonnaise en rosyne by die wortelmengsel, roer deur en plaas die slaai in die yskas tot benodig.

Resep en foto: Michelle du Plooy

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page