SPITSROKER – SLAP DEEG KOEKSISTERTJIES
- 1¼ koppie koekmeel
- 1¼ koppie melk
- 5 eetlepels botter/margarien
- knippie sout
- 4 eiers
Verhit melk, sout en botter saam tot kook punt. Voeg die koekmeel by en kook tot gaar sodat koekmeel nie meer aan die kante van die pot vasklou nie. Laat effens afkoel en roer die eiers een vir een by en meng goed.
Drup teelepels vol van die beslag in warm olie soos vir koeksisters. Sodra dit mooi bruin gebak is, dompel in yskoue stroop daarna.
- Sous:
- 3 koppies suiker
- 3 koppies water
- ½ teelepel amandel geursel
Kook water en suiker saam tot suiker opgelos is. Laat effens afkoel en voeg ½ teelepel amandel geursel by en laat heeltemal afkoel. Sit in yskas tot benodig.
Resep geplaas deur Adel Annandale
Foto: Adel Annandale












