SPINASIESTINGELBLATJANG
Ek gebruik dit as blatjang of voeg dit in ‘n mengelslaai.
- 2 kg spinasiestingels, onthaar en gekerf
- 1 kg uie, gekerf
- 2 teelepels sout
- 3 koppies asyn
- 3 koppies suiker
- 2 teelepels kerriepoeier
- 1 teelepel borrie
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- 2 eetlepels Maizena
Kook die stingels, uie en sout in ‘n pot met bietjie water op die stoof tot amper sag.
Meng die res van die bestanddele, behalwe Maizena en voeg dit by die stingels in die pot en roer deur.
Kook vir ongeveer 6 minute.
Maak die Maizena aan met ‘n bietjie water en roer dit by die mengsel in die pot.
Kook vir nog ongeveer 5 minute tot blink.
Bottel die mengsel warm in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
Resep en foto: Johan en Adrì Scheepers