SPINASIE VULSEL VIR PANNEKOEK
- 2 eetlepels botter
- ½ bossie spinasie
- 1 ui, in blokkies gesny
- 2 teelepels knoffel
- 1 teelepel rissie, opsioneel
- 1 teelepel paprika
- 1 teelepel Italiaanse kruie
- ½ koppie room
- sout na smaak
- varsgemaalde swart peper na smaak
- 2 wielietjies feta kaas
- ½ koppie parmasan kaas
- soet rissiesous
Trek die groen blare van die spinasie dik dele af. Sny die dik wit dele in stukkies soos die uie.
Snipper die groen blare soos jy verkies.
Braai die uie, dik wit stukkies spinasie are en knoffel tot die dik stukke sag is.
Voeg die room, sout, peper, paprika, kruie en rissie by en roer deur.
Voeg die groen blare by en laat dit verwelk.
Voeg die feta en parmasan by en laat dit afkoel.
Bak die pannekoeke volgens die resep.
Vul die pannekoeke met die spinasie mengsel en rol op.
Spuit soet rissiesous bo-oor en geniet!
Nota:
Hierdie vulsel sal net so lekker werk in pasteitjies en jaffles.
Vir die pannekoek:
https://yourrecipeblog.com/recipes/petre-se-klein-maat-pannekoek/
Foto en resep: Wayne Dugmore