Your Recipe Blog

SPINASIE EN HAM ROL

SPINASIE EN HAM ROL

  • 600 g gevriesde spinasie (ontvries)
  • 100 g spek
  • 100 g gekerfde ham
  • 50 g Feta
  • 1 groot ui
  • 1 suurlemoen
  • 500 ml room
  • 1 rol blaardeeg (skilferkors)
  • 1 eier

Kap die uie en spek op in klein blokkies en sit in ‘n pan met bietjie olie.
Terwyl dit stadig braai, druk al die sous uit die outdooide spinasie.
Wanner uie en spek lekker gebraai is, voeg die gekerfde ham en room by.
Rasper ‘n halwe suurlemoen skil daarin en kook tot dikkerig (moenie oor kook nie).
Laat bietjie afkoel.
Vat ‘n kwart lemoen se sap en gooi dit oor uitgedrukte spinasie en meng deur.
Gooi spinasie en ham mengsel in ‘n blender (chopper) en maak fyn.
Haal die mengsel uit en sit in ‘n bak.
Breek Feta op in stukkies en roer met die hand in.
Rol deeg oop en sit spinasie en ham mengsel in.
(Ek sit dit so lengte gewys sodat dit lyk soos ‘n wors)
Rol op en gebruik eier om die einde aan mekaar te plak.
Rol dit dan soos ‘n wors in die rondte (of nes jy wil).
Bak op 160ºC for 25 minute tot lekker bruin.
Bedien met ‘n lekker vars slaai.

Resep en foto: Kyle Jensen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page