SPINASIE- EN FETATERT
- 2 groot bosse spinasie, are uitgesny, gaar gestoom, gesny en soveel water as moontlik uitgedruk
- 2 eetlepels olyfolie
- 1 ui, gekap
- 1 knoffelhuisie, gekap
- 2 teelepels droë dill
- sout en peper na smaak
- 1 ¼ koppie koekmeel
- ½ koppie melk
- 3 eiers
- 150 g feta, grof gekrummel
- 1 koppie kaas, gerasper
Braai die ui en knoffel in olyfolie tot sag. Voeg die spinasie, dill, sout en peper by en braai nog 5 – 7 minute.
In ‘n mengbak, roer die koekmeel, melk en eiers goed bymekaar, en voeg dan die feta en spinasiemengsel by. Roer deur.
Skep in ‘n gesmeerde bak, sprinkel die gerasperde kaas bo-oor en bak by 180°C vir 30 minute. Bedien warm.
Resep en foto: Ilze Jacobs