Your Recipe Blog

SPINASIE EN FETA HAPPIES

Recipe by
Cook: 15 - 20 min.

SPINASIE EN FETA HAPPIES

  • 2 rolle skilferkors deeg (puff pastry)
  • 2 pakke spinasie
  • 2 vierkante Feta kaas
  • 1 eier, geklits

Plaas die spinasie in koue sout water. Spoel deeglik af. Stoom die spinasie tot amper heel gaar en dreineer.
Rol nou jou deeg ‘n bietjie dunner uit. Plaas die spinasie in rye oor die lengte van die deeg.
Krummel die feta oor die spinasie. (Ek het feta met swart peper in gebruik)
Sny die deeg in die lengte deur, maar laat genoeg spasie dat jy die spinasie kan toe vou in die deeg.
Smeer die rant van die deeg met die geklitste eier. Vou toe en druk vas.
Sny dan die deeg “wors” in grotes van jou keuse.
Herhaal tot al die deeg en spinasie op gebruik is.
Pak die spinasie happies op ‘n bakplaat en smeer die eier bo op.
Bak op 200 ºC tot goud bruin bo op ongeveer 15 – 20 minute.

Resep en Foto: Letitia Henstock

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page